Die plaas is ’n stil en alleen lewe, jy praat met jou hansmak diere en jou man. That’s it.

Vandag is een van die stil dae, op hierdie dae wat sonnig is sal ek by my hanskallers en -lammers gaan rondloop. In die laaste ses maande van plaas lewe het daar baie diere deur my hande gekom maar nie almal maak dit altyd uit nie.
Soos my suster sê: “Sy vat die diere wat selfs die ma’s besluit het gaan dit nie maak nie, en probeer hulle red.”
Dis lang aande en twee uur in die oggend bottels gee vir die eerste week of twee of drie maar daarna word dit meer skaflik en die eind resultaat is baie rewarding vir my.
Dit beteken baie name wat uitgedink moet word en ek is ongelukkig aan die einde van die -kie/-tjie/-ie fase {Gertjie, Vlerkie, Blêrtjie, Kleintjie, Speedie, Melkie, Ertjie, Madeliefie} en vir alles wat nog nie bewys het dat hulle dit gaan maak nie….Baba.
Dit beteken ook dat daar elke oggend op my gegil word voordat ek al my eerste koppie #boeretroos in het.
Ek is dankbaar vir my {plaas}diere want met wie anders sal ek my wildste drome kan bespreek.
Mooiste foto Jeanne! Jy kan maar...