top of page
  • Facebook
  • WhatsApp
  • Instagram
Search

Stroop seisoen is om die draai, en soos die ervare boerin sal weet is dit ’n stresvolle tyd met baie lang ure op die plaas.

Hier is paar wenke vir die boer vrouens daar buite wat hulle eerste stroop seisoen op die plaas is.

  1. ’n Honger boer is ’n moerige boer so maak seker dat daar altyd ’n eetding ter hand is. Muffin mixes is vinnig en maklik en jy hoef nie meel op jou favourite toppie te kry om die boer se humeur te tem nie. Jou boer gaan nie kla nie want as hy hard genoeg werk, is hy te moeg om om te gee of dit smaaklik is of nie.

  2. ’n Dors boer gaan ook nie vriendelik wees nie, koop dubbel van alles. Aanmaak koeldrank, 500ml water bottels en natuurlik moet jy sy verkose alkoholiese drankie ook in ekstra maat aanskaf (Vir as die stroop dag net te veel was vir hom) *Hierdie dae gaan gepaard met baie trekkers of implimente wat gebreek het so brace yourself!

  3. ’n Boer wat stroop is soos ’n roofdier, jy sien hom selde maar die volgende oggend sien jy al die skade. Koop vir jou (die boerin) ’n heerlike boek of twee; sjokelade en of wyn by die boks. Enige en al jou guilty pleasures. Sien dit as jou alleen tyd vir die volgende twee maande.

  4. Vir daardie vroeë oggende wat jy nie wil uit die bed uitklim nie, stof die koffie percolater af en stel hom die aand voor die tyd. Die boer kan homself help tot sy eerste koppie boeretroos in die oggend terwyl jy nog lekker sluimer.

  5. Met al hierdie vroeë oggende sal daar ’n verkoue of iets sy kop uitsteek, kry bruistablette & baie pynpille want siek wees gaan hulle nie in die bed hou nie.

Laastens vries ’n paar slowcooker meals voor stroop seisoen begin. As hy te veel raak vir jou kan jy enige tyd vir vriende gaan kuier en weet dat hy nie sal vergaan sonder jou nie.


Wat is julle ervare boerinne se beste raad vir nuwelinge?




 
 
 

Die plaas is ’n stil en alleen lewe, jy praat met jou hansmak diere en jou man. That’s it.

Vandag is een van die stil dae, op hierdie dae wat sonnig is sal ek by my hanskallers en -lammers gaan rondloop. In die laaste ses maande van plaas lewe het daar baie diere deur my hande gekom maar nie almal maak dit altyd uit nie.


Soos my suster sê: “Sy vat die diere wat selfs die ma’s besluit het gaan dit nie maak nie, en probeer hulle red.”


Dis lang aande en twee uur in die oggend bottels gee vir die eerste week of twee of drie maar daarna word dit meer skaflik en die eind resultaat is baie rewarding vir my.


Dit beteken baie name wat uitgedink moet word en ek is ongelukkig aan die einde van die -kie/-tjie/-ie fase {Gertjie, Vlerkie, Blêrtjie, Kleintjie, Speedie, Melkie, Ertjie, Madeliefie} en vir alles wat nog nie bewys het dat hulle dit gaan maak nie….Baba.


Dit beteken ook dat daar elke oggend op my gegil word voordat ek al my eerste koppie #boeretroos in het.


Ek is dankbaar vir my {plaas}diere want met wie anders sal ek my wildste drome kan bespreek.

 
 
 
  • Writer: Jeanne le Roux
    Jeanne le Roux

Updated: Mar 11, 2018

Ploeg se Moer is meer as net klere, dit is ons leefstyl en ons lewens. Ons staan vir wat jy beleef dag in en dag uit op ’n plaas. Ek is ’n #stadsmeisie turned #boervrou, hier is die top tien goed wat ek al geleer het:


1. Boots en lang jeans help nie vir slange nie maar dit laat ’n meisie veiliger voel!

2. Skropborsels en staalwol is van jou beste vriende - Van lam bollie tot Miriam se pap potte kom skoon met dit en ’n bietjie help van jou maat Vim.

3. Standvastige internet is ’n ding van die verlede - Jy werk wanneer jou internet werk, die res van die tyd doen jy plaas goed.

4. Skape los winde en piepie meer as ’n swanger vrou :)

5. Egte #plaasmeisies word so nou en dan geskok deur die lengte van hulle beenhare.

6. Vure veg het nie ure nie en daar is nie paaie nie. Onthou jou ekstra sports bra, snackbars vir almal & drink water in 5L houers. Soms gryp jy die bier en biltong as julle sien die vuur gaan nie gewen word nie.

7. Mooi sandale is ’n kak idee - Give up en trek jou butch boots aan sodat jou tone heel bly.

8. Enige events word om lam seisoen, kalf seisoen, stroop- en plant tyd gereël. Selfs jou troue.

9. Meh is nie net ’n skaap geluid nie, dis ook wat die plaaswerkers jou gaan noem en glo dit of nie - Jy sal daarvan begin hou :)

10. ’n Goeie dag is wanneer niks breek of doodgaan nie. ’n Normale dag is wanneer twee trekkers breek, die ripper se tand gebreek het, julle nie saam lunch geëet het nie en die krag was ten minste een keer af.



 
 
 
bottom of page